Vrydag 27 Mei het Laerskool Eikestad se o.12A- en o.13A-netbalspanne aan die Wynland Topskole-toernooi deelgeneem. Twaalf van die beste spanne uit die Wynland het aan hierdie toernooi deelgeneem. Die twee beste spanne in elke ouderdomsgroep kwalifiseer om deel te neem aan die Wes-Kaap Topskole-toernooi. Eikestad is trots op hulle twee spanne wat albei aan die Wes-Kaap Topskole gaan deelneem. Dit vind Saterdag 11 Junie by Laerskool Eikestad plaas.


Laerskool Eikestad spog met talle prestasies op die hokkie- en netbalbaan. Hier is hul presteerders.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article