Die Hoër Meisieskool Bloemhof het Jeanne-Marie Kriel Woensdag 1 Mei op hul personeelkorps verwelkom. Sy het ’n BEd Psig-graad aan die US behaal en is ’n geregistreerde berader en terapeut. Bloemhof is egter nie vir haar ’n vreemde tuiste nie –?sy het self in die skoolbanke hier gesit en aan dié meisieskool matrikuleer. “Dis opwindend om terug by my alma mater te wees,” sê sy. “Dis ’n voorreg om vir hierdie pragtige jong vroue diensbaar te kan wees.” Foto: Stephan Meyer
Berader terug
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.