Nita de Jager, Thina Gabavana en Anaïs Herman in Uhm . . .Foto: Stephan Meyer

Tiener wys slag


Leerders aan die Hoër Meisieskool Bloemhof sal vanjaar weer in die nasionale eindronde van die ATKV-tienertoneel te sien wees.

Die leerders sal nie net op die verhoog wees nie, maar ook in die regisseurstoel. Die graad 11-leerders, Nichola Viviers en Ané Conradie, het besluit om die projek vanjaar te lei en het die produksie Uhm . . . op die planke gebring. Nichola is self as aktrise te sien terwyl Ané deel van die tegniese span vorm. Die nasionale eindronde vind vanjaar in die Adam Small-teaterkompleks plaas en die beste 18 stukke van oor die land heen sal van 18 tot 23 September te sien wees.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article