Van links: Joan le Roux (spanbestuurder), Karli Roux, Mienke Viljoen, Alta Brink (kaptein), Christine Kruger, Lenka Steenkamp, Rochelle Pienaar, Megan Gibbs en Pascal Guebert (Edge-afrigter). Foto: Sonja Myburgh


Van links: Joan le Roux (spanbestuurder), Karli Roux, Mienke Viljoen, Alta Brink (kaptein), Christine Kruger, Lenka Steenkamp, Rochelle Pienaar, Megan Gibbs en Pascal Guebert (Edge-afrigter). Foto: Sonja Myburgh

Bloemhof se eerste tennisspan het onlangs (6-8 Maart) hul titel in die Paarl suksesvol verdedig en is die 5de agtereenvolgende jaar as kampioene by die Gerrie Berner-tennistoernooi gekroon.

Dit was die 15de bestaansjaar van hierdie toernooi, wat jaarliks deur die Hoërskool Gimnasium aangebied word.

Twaalf van die beste meisiestennisspanne van oor die land het aan die toernooi deelgeneem.

Bloemhof het na afloop van die rondomtalie-afdeling van die toernooi eerste in hul groep (Bloemhof, Afrikaans Hoër Meisies, HMS Paarl, Menlopark, Rhenish en Hugenote) geëindig. Die ander groep het bestaan uit Oranje, Gimnasium, Helpmekaar, Waterkloof, Eunice en Stellenbosch.

Bloemhof het in die halfeindronde met die sterk span van Gimnasium afgereken terwyl die Oranje-span ná ’n titaniese stryd ’n oorwinning oor die Hoër Meisieskool Paarl behaal het. Dit het beteken dat Oranje en Bloemhof, soos die afgelope nege jaar, sake om die eerste plek moes uitspook.

Die telling was 4-1 in Bloemhof se guns en die gesogte titel was weer Bloemhof s’n. HMS Paarl het die bronsmedalje verower met die gasheerskool, Gimnasium, in die vierde plek.

Pascal Guebert, Bloemhof se afrigter van die Edge-tennisakademie, se invloed was deurgaans in die spel van die Bloemhof-span te bespeur.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article