Agter is Paul Roos Gimnasium se hoofleiers, Roché Meyer (hoofseun), Ruben Rossouw en Daniel Dillon (onderhoofseuns), met Rhenish se hoofleiers, Adri Langford (onderhoofmeisie) en Yolisa Tile (hoofmeisie) by Bloemhof se hoofleiers, Lona Mhaga (hoofmeisie) en Carmen Bonsma (onderhoofmeisie).Foto: Stephan Meyer


Die Hoër Meisieskool Bloemhof het op 11 Maart die skool se 147ste bestaansjaar gevier. Verskeie reüniegroepe, onder meer die klasse van 2002 en 2012, het kom inloer, maar drie Bloemhoffers van die Klas van 1949 is ook by die skool terug verwelkom. Die hoofleiers van Rhenish Girls’ High School en Paul Roos Gimnasium het ook namens hul skole verjaarsdagboodskappe gelewer.

Bloemhof se huiskapteine, Emma Beukes, Salomé Lourens en Tilla-Marié Schreuder. het na die verjaarsdagvieringe blomkranse gaan neerlê ter nagedagtenis aan prof. Nicolaas J. Hofmeyr, mej. Lucie Joubert en ds. Johannes H. Neethling, wat belangrike rolle in dié skool se geskiedenis gespeel het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article