Die Stellenbosch-tak van AfriForum het Vrydag 9 September ’n nuwe veiligheidstruktuur bekend gestel. Die struktuur word beskryf as ’n veiligheidsgordel wat tussen Langebaan aan die Weskus en Hermanus aan die Kaapse Suidkus loop, met Stellenbosch in die middel. Mark Kuys, AfriForum se veiligheidshoof vir die suidstreek, het by die bekendstellingsgeleentheid beklemtoon dat vennootskappe met verskeie buurt- en plaaswagte, gerugsteun deur ander veiligheidsrolspelers in die gebied, nodig is vir hierdie veiligheidsgordel om doeltreffend te funksioneer. ’n Lugsteunvleuel vir Stellenbosch is ook aangekondig en die eerste vier hommeltuigvlieëniers, wat reeds opleiding deur Forum Sekuriteit ontvang het, is ook bekend gestel. ’n Wynveiling is gehou om geld vir die koop van die tak se eie hommeltuig in te samel. “Misdadigers word elke dag slimmer en dit is nodig om moderne tegnologie, soos hommeltuie, in te span om ons gemeenskappe meer doeltreffend te beveilig. Ons sien veral uit daarna om saam met die rolspelers wat by die nuwe veiligheidstruktuur betrokke is, te werk om ons onderskeie gebiede veilig te hou,” het Jac Pietersen, die tak se voorsitter vir gemeenskapsveiligheid, gesê. By die geleentheid was (van links) Ruan Olwagen, Marius Mul

Credit: SYSTEM

AfriForum stig nuwe ‘veiligheidsgordel’ met Stellenbosch as middelpunt

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article