Die Hoër Meisieskool Bloemhof se nuwe tennisseisoen het met ’n hoogtepunt begin to vyf van dié skool se tennisspelers die naweek van Vrydag 7 tot Sondag 9 Oktober aan die Synergy Cup-interprovinsiale tennistoernooi in Kimberley as deel van die Cavaliers-o.15A-span deelgeneem het. Hulle het uitstekend gespeel en die WP-, Eden- en Noord-Kaap-streke geklop. Hulle was dus die algehele wenners van die toernooi. Jana van Tonder en Mari-Anna van Rooyen het 7 Oktober vir die Cavaliers se o.15B-tennisspan in Moorreesburg teen die WP op die baan gestap en al hul wedstryde gewen. Hulle het enkels, dubbels en gemengde dubbels gespeel. Die spelers is Jana van Tonder, Mari-Anna van Rooyen, Marlia Nel, Lara Potgieter, Marline Stoop, Leentjie Kieviet en Mari Steyn. Foto:
HMS-spelers ryg die kishoue in
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.