Lana Oberholzer van die HMS Bloemhof het by die SASA Nasionale Hoërskool-Atletiekkampioenskap in Germiston verlede maand puik gevaar en die o.17-100 m-hekkies in 13:64 (943 punte en persoonlike beste) voltooi en ’n silwermedalje verower. Sy was slegs 0.01 sekonde agter die wenner. Daarbenewens het sy ’n merkwaardige goue medalje in die 400 m-hekkies verower deur die wenstreep eerste in 01:34 oor te steek, wat haar 938 punte op die telbord besorg het.


Hekkies-sukses

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article