Dié 40 gr. 9-leerders van die Hoër Meisieskool Bloemhof het Vrydag (11 Augustus) aan die jaarlikse Eskom Streeks-ekspo vir jong wetenskaplikes deelgeneem en hul skool se naam hoog gehou deur talle pryse in te oes. Die ekspo is daarop gemik om jong wetenskaplikes te ontwikkel wat probleme kan identifiseer, oplossings kan vind en hul bevindinge doeltreffend kan kommunikeer. Dit bied ook ’n platform vir leerders om nasionaal en internasionaal mee te ding. Die skool pronk met een eervolle vermelding, ses bronsmedaljes, agt silwermedaljes en nege goue medaljes. Drie individuele pryse is ook aan Bloemhof-leerders toegeken. Isabel Lutz het die prys vir die beste junior projek in sosiale wetenskappe gewen, Mari du Plessis die prys vir die beste junior projek in biomediese wetenskappe en Margot Jerman die prys vir die beste junior projek in aardwetenskappe.Foto:


Jong wetenskaplikes beïndruk

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article