Die ervare Sedick Cornelson (middel) is verlede week as die hoofafrigter van die Excelsior-rugbyklub aangestel. Hy sal die spelers van dié klub oor die volgende twee rugbyseisoene brei. Hy is deur die voorsitter, Fiyaad Waja (links), en die ondervoorsitter Washfi Cornelson (regs), met sy aanstelling gelukgewens. Cornelson sê hy sien uit na die uitdaging om die klub ’n sterk aanspraakmaker in die komende seisoen te maak. Die klub se voorseisoenoefening word Maandag 4 Desember om 18:30 op die Cloetesville-sportterrein gehou. Belangstellendes kan Cornelsen by 073 599 8642 bel.
Credit: SYSTEM
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.