Die televisieaanbieder en akteur Hannes van Wyk bied Saterdag (2 Maart) Leef in die oomblik by die NG gemeente Stellenbosch-Wes in Alexanderstraat aan. Die geleentheid, wat om 10:00 begin, is ten bate van die Geluksoord-tehuis in Onder-Papegaaiberg. Kaartjies kos R200 per persoon en sluit ligte verversings in. Bespreek jou plek aanlyn via Quicket. Kontak Ernst by 082 370 2274 of Elsa by 082 661 2943 vir nog inligting.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article