Die sangafdeling van die Universiteit Stellenbosch (US) se musiekdepartement het weer kragte met die Universiteit van Kaapstad (UK) se opera-afdeling saamgesnoer en Maandag 11 Maart ’n jaarlikse sang-uitvoering – ’n tradisie tussen die twee instansies – in die Endler-saal in Stellenbosch aangebied. Studente van die twee instansies het die produksie Canciones españolas, met Spaanse kunsliedere, op ’n flambojante manier vertolk. By die studente wat in die produksie te sien was, is die US se sang-afdelingshoof, Minette du Toit-Pearce (agter, derde van links), en die regisseur, Jeremy Silver van UK (agter, vyfde van links.) Foto: Vicky Davis


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article