Die eerste en tweede rugbyspanne van Paul Roos Gimnasium (PRG) het tydens die skoolvakansie aan die NMI-Toyota-Noord-Suid-rugbytoernooi in Pretoria deelgeneem. Hoewel die o.19B-span, alombekend as die Bituas, sy eerste wedstryd teen die gashere, die Afrikaanse Hoër Seunskool, met ’n eindtelling van 18-24 verloor het, was die hoogtepunt van hul toer die oorwinning van 41-16 oor die Hoërskool Waterkloof. Die o.19A-span, het geskiedenis gemaak toe ook Affies die knie moes buig en die manne van Stellenbosch ’n oorwinning van 30-25 kon vier. Die oorwinning is spesiaal, want PRG kon slegs vir die tweede keer nog Affies in twee opeenvolgende jare klop. Die span, wat verlede jaar by die Wildeklawer-toernooi in Kimberley met 31-25 gewen het, volg in die spore van die eerste span van 2006 (25-7) en 2007 (22-15). Dit beteken ook PRG het ná 24 wedstryde tussen die twee spogskole ’n effense voortou, met 12 oorwinnings, twee gelykopuitslae en 10 wedstryde verloor. Die span het die Noord-Suid-rugbytoernooi met ’n pragvertoning afgesluit deur die Hoërskool Waterkloof 47-24 te klop en sodoende die eerste keer sedert die hervatting van die toernooi ná die Covid-19-pandemie onoorwonne terug te keer na die Eikestad.
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.