Die winter het in alle erns aangebreek en in ’n poging om aan plaaslike inwoners warm klere en komberse te skenk, vra die Rotariër-klub van Stellenbosch vir hulp. Dit is vir vele plaaslike inwoners ’n stryd om warm te bly aangesien hulle nie altyd basiese benodigdhede het nie, sê die Rotariërs. Daarom hou die klub tans ’n “blanket drive” en samel R98 per kombers in waarmee hulle goeie gehalte komberse kan aanskaf. Die Rotariërs streef om soveel komberse as moontlik aan dié wat dit die nodigste het, te oorhandig. Neem jou skenkings na Clicks in Eikestad Mall van nou tot Maandag (17 Junie). Vir meer inligting bel Gert-Jan by 064 601 6650.
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.