’n Jeugprojek bring inkleurgenot danksy die plaaslike skrywer Eleanor Damon se nuwe skepping. The Mouse King, ’n inkleur- en storieboek, het onlangs die lig gesien. Dit vertel die storie van ’n muis wat sy moses teëgekom het in die huis van ’n bejaarde paartjie en is in Afrikaans, Engels, Xhosa en Braille beskikbaar. Benewens die storie is daar ook ’n woordsoektog. ’n Tweetalige weergawe van die boek word in Junie bekendgestel. Om ’n eksemplaar aan te skaf, bel Damon by 072?836?1092. Bo wys Maria Tsabalala van Hermanus haar boek.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article