Die jaarvergadering van die Vriende van die Stellenbosch Museum word Dinsdag 26 Mei om 18:00 by Erfurthuis, Ryneveldstraat 37 gehou. Die gasspreker by die aand se verrigtinge is die bekende skrywer en digter Danie Marais (foto). Marais, veral bekend as digter en musiek- guru, sal praat oor sy gemengde gevoelens oor Stellenbosch en die verraderlike simbool wat die dorp vir verskillende groepe geword het. As aanknopingspunt sal hy onder meer 'n gedig of twee oor Stellenbosch uit sy jongste versamelbundel gebruik. Hy bring ook 'n paar boeke saam vir belangstellendes om aan te skaf. Verversings sal na afloop van die vergadering bedien word. Kontak die Stellenbosch Museum by 021 887 2937 vir nog inligting oor die verrigtinge.
Die jaarvergadering van die Vriende van die Stellenbosch Museum word Dinsdag 26 Mei om 18:00 by Erfurthuis, Ryneveldstraat 37 gehou. Die gasspreker by die aand se verrigtinge is die bekende skrywer en digter Danie Marais (foto). Marais, veral bekend as digter en musiek- guru, sal praat oor sy gemengde gevoelens oor Stellenbosch en die verraderlike simbool wat die dorp vir verskillende groepe geword het. As aanknopingspunt sal hy onder meer ‘n gedig of twee oor Stellenbosch uit sy jongste versamelbundel gebruik. Hy bring ook ‘n paar boeke saam vir belangstellendes om aan te skaf. Verversings sal na afloop van die vergadering bedien word. Kontak die Stellenbosch Museum by 021 887 2937 vir nog inligting oor die verrigtinge.

THURSDAY 14 MAY

Stellenbosch: The SU Drama Department presents Tom, Dick and Harry by Ray and ­Michael Cooney at the ADAM SMALL AUDITORIUM. In the old-school farce, Tom and Linda are in the final stages of adopting a baby, waiting for the agency to conduct the final interview and inspection. But Tom’s brothers pitch to support their brother with illegal immigrants, boxes filled with contraband and shopping bags with suspicious content. The cast is directed by Petrus du Preez. The show runs from 14 to 16 May at 19:00, with a matinee at 14:00 on 16 May. Tickets cost R110 through Quicket.


FRIDAY 15 MAY

Franschhoek: The FRANSCHHOEK LITERARY FESTIVAL brings together acclaimed authors, thinkers and readers for a weekend celebrating the power of storytelling in all its forms until Sunday 17 May. The programme spans current affairs, fiction, memoir, art, food, history and children’s literature. This ­line-up features international authors as well as leading South African voices. A major highlight is the expanded children’s programme on Saturday 16 May. For more information and tickets, visit www.flf.co.za.


WOENSDAG 20 MEI

Jamestown: Kom kuier gesellig saam by Babbel & Brei en laat die breipenne klap om Jamestown se kinders en bejaardes warm te hou. Die groep kom elke Woensdag van 10:00 tot 11:00 by die JAMESTOWN-BIBLIOTEEK byeen. Beginners leer blokkies brei en dié wat kan, brei musse en serpe. Wol en breipenne word verskaf, en alle gebreide artikels word geskenk. Vir meer inligting of om betrokke te raak, kontak die biblioteek by 021 808 8373, 021 808 8372 of JamestownLibraryStaff@stellenbosch.gov.za.


MAANDAG 25 MEI

Somerset-Wes: Die rugbyspan van die HOËRSKOOL CLOETESVILLE hou ‘n geldinsameling by Panarottis in Somerset Mall. Vyftien van die skool se rugbyspelers sal hierdie aand werk, met 10% van die aand se inkomste wat aan die skoolspan sal gaan. Mense wat dit bywoon, het ook ‘n kans om pryse te wen.


DINSDAG 26 MEI

Stellenbosch: Die jaarvergadering van die VRIENDE VAN DIE STELLENBOSCH MUSEUM riende van die Stellenbosch Museum om 18:00 by Erfurthuis, Ryneveldstraat 37 gehou. Die gasspreker by die aand se verrigtinge is die bekende skrywer en digter Danie Marais. Marais, veral bekend as digter en musiekguru, sal praat oor sy gemengde gevoelens oor Stellenbosch en die verraderlike simbool wat die dorp vir verskillende groepe geword het. As aanknopingspunt sal hy onder meer ‘n gedig of twee oor Stellenbosch uit sy jongste versamelbundel gebruik. Hy bring ook ‘n paar boeke saam vir belangstellendes om aan te skaf. Verversings sal na afloop van die vergadering bedien word. Kontak die Stellenbosch Museum by 021 887 2937 vir nog inligting oor die verrigtinge.


WOENSDAG 27 MEI

Stellenbosch: Die ledevergadering van die STELLENBOSSE HEEMKRING vind om 19:00 in die konferensiekamer van die NG kerk Stellenbosch-Wes plaas. Die spreker is Johan Krige, skrywer van die boek Moederkerk, Kruiskerk: ‘n Rivier van lewende water 1990-2024. Die boek demonstreer die ommekeer in die bedienings­patroon wat sedert 2000 in die gemeente plaasgevind het. Die ontstaan en ­ontwikkeling van sowat 45 bedieninge word met teks, dokumente en beeldmateriaal aangebied. Die bedieninge van sowel die Moederkerk as die Kruiskerk word bespreek in die konteks van die gemeente, die gemeenskap, binne die landsgrense en buite die landsgrense. Belangstellendes is welkom. RSVP teen Maandag 25 Mei per e-pos by sbosheemkring@gmail.com. Aansoekvorms vir aansluitings is ook beskikbaar.


SATURDAY 6 JUNE

Stellenbosch: The STELLENBOSCH LUTHERAN CHURCH holds its annual Winterfest in Hofmeyr Stree from 09:00 to 13:00. This cherished winter tradition promises a morning full of warmth, good food and great company. Start your experience with a continental breakfast or indulge in classic potato pancakes served with apple sauce. Those with a sweet tooth can look forward to a spread of delicious German cakes awaits, paired with a cup of freshly brewed coffee, tea or hot chocolate. Enjoy Bratwurst and sauerkraut with potato salad and a pretzel, washed down with a warming glass of Glühwein or a cold beer. There will also be German books, homemade cakes and breads, jams, and a selection of German meat specialties on sale. Parking is available on-site, with extra parking at the Reformed church in Marais Road. For more information, call 021 887 5030, email info@lutheranstellenbosch.co.za or visit www.lutheranstellenbosch.co.za.


TUESDAY 9 JUNE

Stellenbosch: African Drumming Tuesdays, a programme of the STELLENBOSCH UNIVERSITY MUSEUM, will be held from 13:00 to 14:00. It aims to enhance wellness and well-being on campus, with sessions free and open to all. To book your place, contact Ricky Brecht on 021 808 3660 or rickyb@sun.ac.za.


VRYDAG 12 JUNIE

Jamestown: Die STELLENBOSCH-KRIEKETKLUB bied sy jaarlikse winterbal om 18:30 in die saal van Weber Gedenk Primêre Skool aan. Die dansorkes Coolsounds sal seker maak die dansgangers bly op die dansvloer. Kaartjies kos R150 elk en sluit kaas en wyn in die voorportaal in. Neem jou eie XYZ. Bel Brian by 084 425 9440 vir nog inligting of kaartjies.


  • Stuur alle kalender-inskrywings per e-pos na eikestadnuus@novusmedia.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article