Aletta Francina de Kock
Aletta Francina de Kock bied aan “Effens Anders” by die Drostdy-teater in Stellenbosch.

Aletta Francina de Kock is nog altyd Effens Anders en bring môre (Vrydag 16 Januarie) dié nuwe splinternuwe verhoog-komedie na die Drostdy-teater in Stellenbosch.

Die vertoning bied ‘n komiese en eerlike blik op Aletta se huidige lewe – met al die snaakse, aweregse en downright bisarre dinge wat daarmee saamkom. Soos altyd bring sy haar skerp humorsin en natuurlike aanvoeling vir storievertelling en laat die gehoor, met haar unieke uitkyk op die wêreld, skater van die lag.

Kom lag vanaf 19:00 saam en ontmoet die vrou met die mooiste kuite in die land – met Aletta is niks ooit heeltemal normaal nie . . . dit’s altyd Effens Anders!

• Kaartjies kos R220 elk en kan aanlyn deur Webtickets bespreek word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article