Meer as 800 kinders van Stellenbosch en 15 omliggende dorpies het Maandag (15 Desember) met 'n skool- vakansie-program begin. Persoonlikheidsontwikkeling is vir die eerste keer bekendgestel. Die program word deur 18 dorpie-koördineerders en fasiliteerders aangebied. Die fasiliteerders is jeug uit die dorpies wat opgelei is om onder meer kunsvlyt, drama, sportafrigting en persoonlikheidsontwikkeling aan te bied. Die program duur tot Vrydag (19 Desember) en hervat op Dindag 6 Januarie 2026 vir vyf dae. Die hoogtepunt van die program is 'n voorlopergeleentheid vir die Olimpiese Ruimte-parade, wat op Saterdag 10 Januarie plaasvind. Ouers wat nog hul kinders wil inskryf, kan Amanda Horne van die e'Bosch-kantoor by 061 595 4085 bel, of met die e'Bosch-span by Dorpstraat 166, Stellenbosch Sentraal, gaan gesels. Links is die e'Bosch dorpie-verteenwoordigers van Klapmuts, Meerlust, Groendal, Idasvallei, Stellenbosch Sentraal, Cloetesville, Lanquedoc, Vlottenburg, De Novo, Elsenburg, Khayamandi, Jamestown en Wemmershoek.
Meer as 800 kinders van Stellenbosch en 15 omliggende dorpies het Maandag (15 Desember) met ‘n skool- vakansie-program begin. Persoonlikheidsontwikkeling is vir die eerste keer bekendgestel. Die program word deur […]

Meer as 800 kinders van Stellenbosch en 15 omliggende dorpies het Maandag (15 Desember) met ‘n skoolvakansie-program begin. Persoonlikheidsontwikkeling is vir die eerste keer bekendgestel. Die program word deur 18 dorpie-koördineerders en fasiliteerders aangebied. Die fasiliteerders is jeug uit die dorpies wat opgelei is om onder meer kunsvlyt, drama, sportafrigting en persoonlikheidsontwikkeling aan te bied. Die program duur tot Vrydag (19 Desember) en hervat op Dindag 6 Januarie 2026 vir vyf dae. Die hoogtepunt van die program is ‘n voorlopergeleentheid vir die Olimpiese Ruimte-parade, wat op Saterdag 10 Januarie plaasvind. Ouers wat nog hul kinders wil inskryf, kan Amanda Horne van die e’Bosch-kantoor by 061 595 4085 bel, of met die e’Bosch-span by Dorpstraat 166, Stellenbosch Sentraal, gaan gesels. Links is die e’Bosch dorpie-verteenwoordigers van Klapmuts, Meerlust, Groendal, Idasvallei, Stellenbosch Sentraal, Cloetesville, Lanquedoc, Vlottenburg, De Novo, Elsenburg, Khayamandi, Jamestown en Wemmershoek.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article