Die Wes-Kaapse departement van onderwys (WKOD) het vandeesweek ‘n messtekery by ‘n plaaslike hoërskool bevestig.
‘n Gr.9-leerder van die Hoërskool Lückhoff het Maandag glo drie van haar mede-leerders met ‘n mes te lyf gegaan en hulle gesteek. Volgens ‘n woord-
voerder vir die WKOD het die betrokke leerders ná die voorval mediese behandeling ontvang en is die saak by die polisie aangemeld.
Eikestadnuus het na die Cloetesville-polisie uitgereik, maar teen druktyd nog geen terugvoer ontvang nie.
Die Son berig dat die pa van een van die meisies aanvoer die voorval spruit uit ‘n geval van boelie-gedrag ná die opstel van ‘n neerhalende lys.
Die Hoërskool Lückhoff het gesê die skool sal die voorval in ‘n tugverhoor ondersoek.
Die WKOD se distrikskantoor sal ook beradingsdienste aan leerders verskaf.




