Die Vyftigers by Daisy Jones Bar

11 July 2025 @ 17:00

Neil Sandilands, Schalk Joubert, Gian Groen en Abel Kraamsaal, vier unieke stemme in die Afrikaanse musieklandskap klim saam op een verhoog om hul liefde vir Afrikaans en hul eie halfeeu lange reis te eerbiedig.

Die Vyftigers is ’n musikale viering van die lewe, taal, stories, en tyd. Dis ’n produksie wat eerlik, rou en reguit is – vol liriek, lag, melodie en menswees.

Die ontstaan van Die Vyftigers het begin tussen die appelboorde van Grabouw, by Gian Groen se 50ste verjaarsdagpartytjie. Tussen kitare, staalsnare en spontane samesyn, het Sandilands die lig gesien: vier musikale vriende, almal besig om die 50 mylpaal te takseer, in dieselfde jaar wat Afrikaans 100 jaar oud word.

Dié kreatiewe toeval kon eenvoudig nie geïgnoreer word nie en met net een oproep na elk, was almal aan boord. So word Die Vyftigers gebore – ’n unieke kruispunt tussen taal en tyd.

Elke kunstenaar bring sy eie storie, instrument en kleur na die verhoog en tussen hul vier loopbane is daar meer as 200 jaar se kreatiewe gravitas – elke noot en elke sin is deurdrenk met betekenis.

Die Vyftigers is Vrydag 11 Julie by die Daisy Jones Bar buite Stellenbosch te sien. Die deure open om 17:00 en die vertoning begin om 20:00.

Kaartjies, teen R280 elk, is aanlyn deur Quicket te koop.

Daisy Jones Bar

Summerhille Wine Estate
Stellenbosch,
+ Google Map
View Venue Website

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article