Kort voordat die Suid-Afrikaanse laserwedloop-kampioenskap buite Bloemfontein aangebied word, is die jaarlikse Vrystaatse laserwedloop-kampioenskapsbyeenkoms op Saterdag 13 September by Be Human aangebied.

Atlete van oor die Vrystaat heen het aan die uitdagende laserwedloop-formaat, waarin atlete hardloop en hul skietvaardigheid kombineer, deelgeneem. Dit word aangebied onder die vaandel van Vrystaat Moderne Vyfkamp.

In aksie met die laserpistole is van links Elné Smith, Z’ney Piechaczek, Kaylyn Blair
en Tené Venter. FOTO’S: Hannes Naude

Uit die deelnemers het 46 gekwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse laserwedloop-kampioenskapsbyeenkoms op 11 Oktober, ook by Be Human.

Volgens die organiseerders is die vlak van talent en toewyding vanjaar besonder hoog.

Danny Pienaar van Eunice was die wenner in die Laser Run-afdeling vir meisies o.19.

Die afdelingwenners is:

Vroue

■ o.9 − Aila Cilliers (Laer Meisieskool Oranje − OMS).

■ o.1 − Miane Wessels (OMS).

■ o.13 − Almy Wessels (OMS).

■ o.15 − Lisabelle Beukes (Eunice High School).

■ o.17 − Rouve Jansen van Rensburg (Hoër

Meisieskool Oranje).

■ o.19 − Danny Pienaar (Hoër Meisieskool Oranje).

■ Junior Vroue − Ezeth Esterhuizen (Hoër

Meisieskool Oranje).

■ Senior Vroue − Lane van Rooyen.

■ 40+ − Lena van Rooyen.

■ 50+ − Leana Esterhuizen.

■ 60+ − Lynette Fischer.

Mans

■ o.11 − Roland Krause (Grey-kollege primêr).

■ o.13 − Wian Wagenaar (Grey).

■ o.17 − Handre Bubb (Hoërskool Sentraal).

■ o.19 − Cayden Potgieter (Sentraal).

■ junior mans − Divan Rossouw.

■ 40+ − Dewald van Rooyen.

■ 50+ − Gerhard Beukes.

■ 60+ − Adri Vermaas.

Die wêreldkampioenskapsbyeenkoms vir

moderne vyfkamp − wat biathle, driekamp en laserwedloop behels − sal volgens beplanning van 7 tot 14 Desember in Mosselbaai aangebied word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article