Lesedi Gailele in Donderdag se UitklopSpel. Sy was tweede in die afdeling vir gr. 8 en gr.9 Afrikaans huistaal. Foto: Lientjie Mentz

Dit verg harde werk om Afrikaanse woorde korrek hardop te spel.

Sowat 150 leerlinge van gr. 6 tot matriek moes op Donderdag 14 Augustus behoorlik konsentreer om as wenner gekroon te word in die ATKV en Akademia se UitklopSpel, wat by die Bybelhuis aangebied is.

In die Vrystaatse uitdunronde kon leerlinge van gr.6 tot gr.9 meeding in die afdeling vir Afrikaanse eerste addisionele taal, en leerlinge van gr.6 tot matriek in Afrikaans huistaal.

In uitkloprondes moes die leerlinge dan elk ‘n Afrikaanse woord hardop spel tot die laaste een oorbly.

Lika de Lange van die Laerskool Fichardtpark tydens die ATKV se UitklopSpel.

Die drie topdeelnemers in elke afdeling van die spelkompetisie is:

Gr.6 en gr.7, Afrikaans eerste addisionele taal

■ eerste – Hlalefang Aaron van die Laerskool Onze Rust;

■ tweede – Lenneth May van die Laerskool Sentraal; en

■ derde – Buhle David van die Laerskool Onze Rust.

Gr.8 en gr.9, Afrikaans eerste addisionele taal

■ eerste – Jaele van Wyk van St. Michael’s School for Girls;

■ tweede – Oratilwe Kampepe van die Hoërskool Hentie Cilliers in Virginia; en

■ derde – Dimikatso Mphaka van St. Michael’s School for Girls.

Gr.6 en gr.7, Afrikaans huistaal

■ Eerste – LJ Cromhout – Laerskool Jim Fouché;

■ tweede – Jo-Anne van Rooyen van die Laerskool Fichardtpark; en

■ derde – Liana van Niekerk van die Laerskool Universitas.

Gr.8 en gr.9, Afrikaans huistaal

■ eerste – Megan Scheepers van die Hoërskool Hentie Cilliers;

■ tweede – Lesedi Gailele van die Hoërskool Jim Fouché; en

■ derde – Michelle Cilliers van die Hoërskool Fichardtpark.

Gr.10, gr.11 en gr.12 Afrikaans huistaal

■ eerste – Annouke Janse van Rensburg van die Hoërskool Trio in Kroonstad;

■ tweede – Janah Swarts van die Hoërskool Jim Fouché; en

■ derde – Thomas Rossouw van die Hoërskool Sentraal.

Die nasionale eindronde vind op 15 Oktober plaas, ook in Bloemfontein.

Jan-Daniël Bekker van Grey-kollege dink voordat hy sy woord hardop klank. FOTO’s: Lientjie Mentz

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article