Vir Valentynsdag 2026 word ‘n plaaslike produksie spesiaal op 14 Februarie by Soutveld in Soutpan aangebied; en die geleentheid beloof om ‘n aand vol liefde, lag en lekker saamkuier te bied.
Harte-Bliksems is ‘n romantiese komedie geskryf deur Anke Meyer-Auld, met DeBeer Cloete as regisseur.
Dit volg die storie van twee enkellopendes wat hul pad vind deur die soms chaotiese wêreld van aanlyn ontmoetings.

Anke sê oor die stuk dit beloof hope lag en herkenbare oomblikke.
Die produksie is op verlede jaar se Vrystaat Kunstefees benoem as beste produksie, asook vir die beste bemarking, met Norman Doubell wat as beste ontluikende kunstenaar aangewys is.
Die karakters in die stuk word deur Doubell en Meyer-Auld vertolk, wat saam ‘n eerlike en humoristiese kykie na moderne liefde en verhoudings bied.
Ná die vertoning gaan die aand voort met ‘n bring-en-braai-geselligheid en ‘n sokkie.
Die geleentheid is geskik vir oud en jonk; enkelopendes, gesinne en paartjies.
Kaartjies is op quicket.co.za beskikbaar, teen R150 vir ‘n enkelkaartjie of R250 vir ‘n dubbelkaartjie.






You must be logged in to post a comment.