Die Vrystaat se nuutste begroting fokus op korttermyn-stabiliteit, eerder as op groei, sê dr. Celeste Campher van die Universiteit van die Vrystaat.
Vrystaters betaal die prys vir ’n regering wat homself beskerm, terwyl infrastruktuur verval en die ekonomie stadig verstik.