Rumé Burger op die atletiekbaan.
Rumé Burger het die naweek weer twee rekords verbeter.

Van die land se topatletiekskole se atlete was die naweek in aksie in die Curro Podium-byeenkoms in Pretoria met Rumé Burger van die Hoër Meisieskool Oranje wat twee nuwe rekords opgestel het.

Rumé het die 100m gewen en daarmee ‘n nuwe byeenkomsrekord van 11.49 opgestel.

Sy het ook in die Simbine Classic Shootout wat deel van die byeenkoms was, tweede gekom in die 300m vir vroue. In dié nommer was sy net ‘n halfsekond agter Jada van Staden van Tukkies wat die resies in 36.50 voltooi het. Dit is baie beter as die vroue o.20-rekord van 37.64 wat in 2024 deur Viwe Jingqi oor 300m in Potchefstroom opgestel is.

Nog meisies van die Hoër Meisieskool Oranje wat goud verower het, was:

  • Karla Kock (diskusgooi);
  • Danyelle Pienaar (400m-hekkies) en
  • Oranje se o.19-aflosspan (Sweedse aflos)

Karla het ook tweede gekom in die gewigstoot en is aangewys as die beste senior veldatleet op die byeenkoms.

Danyelle was derde in die 400m en die skool se o.15-aflosspan was ook derde.

Oranje was 10de uit 40 skole van oor die land heen.

Lees ook: Rumé verbeter nóg ‘n SA-rekord en Nike borg Bloemfonteinse skitter-atleet.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article