Grey-kollege se o.15A-tennisspan het met ‘n oorwinning oor die Paul Roos-Gimnasium as wenners uit die stryd getree van die o.15-skoletennistoernooi wat by die Groenkloof-tennisklub in Pretoria beslis is.
Die span – bestaande uit Jovan Mandic, Petrus Fourie, Stean du Toit, Nathan Herbert, Francois Hefer, Anro Olivier en Awert Viljoen – het al sy wedstryde gewen in die toernooi van 7 tot 9 Augustus.
Die oorwinnings was teen die spanne van die Hoërskool Menlopark (9 – 0), Hoërskool Garsfontein (9 – 0), Kearsney College (9 – 0), Afrikaanse Hoër Seunsskool (6 – 3), Potch-Gimnasium (5 – 0) en in die finaal teen Paul Roos (5 – 3).




