Elbe Kriel help Ruben Erasmus om op ’n balanseerbalk te loop.Foto: Verskaf

Piekniek vier die lewe


Oktober was Downsindroom-bewustheidsmaand, met die doel om bewusmaking te bevorder en die insluiting en bemagtiging van individue met Downsindroom te bepleit.

Susette Brynard, ma van Shéri, sê dit is wonderlik om te sien dat Downsindroom Suid-Afrika op weeklikse temas besluit het, elk gefokus op belangrike aspekte soos bemagtiging, die omhelsing van individualiteit, insluiting en aanvaarding.

“Elke tema weerspieël die deurlopende pogings om ’n samelewing te skep waarin mense met Downsindroom vir hul vermoëns en bydraes erken word,” meen sy.

“Dit is inspirerend om te sien hoe daar gefokus word op selfbemagtiging, wat individue met Downsindroom die geleentheid gee om hul ervarings te deel.”

Die groep van Downsindroom Vrystaat het op 5 Oktober die dag saam geniet met ’n piekniek op die rugbyveld van die Lettie Fouché-skool.

“Ons het dit gevier dat ons deel is van ’n groep mense met ’n ekstra chromosoom.”

Shéri het aktiwiteite uitgewerk met hulpmiddels wat sy by Lettie Fouché geleen het.

Dié groep kom so vier keer ’n jaar bymekaar, en enigeen met Downsindroom kan hulle by die groep aansluit, mits die ouers of sibbe bereid is om ook betrokke te wees en lid van die groep te word.

“Ons almal vorm een groot gesin,” nooi Susette.

Kry meer inligting deur ’n e-pos te stuur na brynard.s@gmail.com.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • BloemNewsExpress – E-Edition – 20 August 2026
    Unstoppable. That was the theme of the Women’s Day shooting event hosted by Koeberg Firearm Solutions on Saturday 15 August. Experienced women shooters, as well as first-timers, had the chance to fire different weapons on the shooting range – assisted by experienced instructors of the Arizona Shooting Range. Read the remarkable story of a young woman fighting cancer who fulfilled her dream of shooting a firearm at the event on bloemnewsexpress.co.za. Women getting the day’s activities off to a start are from the left Lucinda Campbell, Mollie Groenewald, Meloney Shariff and Karin de Wet. More photos online. PHOTO: Lientjie Mentz

Gift this article