Lilly Burger reg om n doel aan te teken.Die span is vyfde gekeur op die Suid-Afrikaanse ranglys.

Die o.16A-hokkiespan van die Hoër Meisieskool Oranje het in die finaal van die Vrystaat-trofee die span van Bethlehem Voortrekker Hoërskool 7-0 geklop.
Die span het teen die Hoërskool Sentraal gespeel in die semi-finaal van die Stadsbeker en in die finaal die span van Eunice geklop om aan die Vrystaatbeker te gaan deelneem.
Die span het die seison afgesluit as die derde beste in Suid-Afrika, met Paarl Gimnasium eerste en Waterkloof se o.16-span tweede.

Die span is van links, voor: Mia Koen, Estelle Marx, Louise Scholtz, Louise Oehlschig, Lee -Anne Britz, Anneh Keyser en Alexa Olivier.Afwesig( beseer) is Nieke Grobler,Janette Jordaan en Bernadine Koen; agter: Lareze Hattingh,Marisca Van Staden(Afrigter),Tilde Prinsloo(Bestuurder),Emma du Toit, Mieke Botha, Miecke Stapelberg en Lilly Burger. FOTO: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article