AfriForum Sakenetwerk se opruiming. FOTO: Facebook

Bloemfontein se AfriForum Sakenetwerk het die koms van lente op Vrydag 19 September met ‘n opruimingsprojek gevier.

Hiertydens het hulle en vrywilligers ‘n parkie in Heuwelsig skoongemaak en verfraai.

Dié netwerk het kragte met AfriForum se buurtspan, die buurtwag, brandbestryding en die vullisverwyderingspan saamgespan, asook met Akademia en lede van Solidariteit Helpende Hand om die parkie op die hoek van Lucas Steyn- en Richard Feethamstraat skoon te maak.

By die opruiming van die parkie in Heuwelsig is van links, voor: Elrike Viljoen, Mirna Butler, Marisa Kruger, Marli Buys en Zandri Taljaard; agter: Gerrit Louw, Su-Mari Tiedt Rosheen Falatsa, Ané Reyneke en Jan Hendrik Basson.

Hulle het besef dat dié parkie dringend ingryping nodig het met sakgrawers wat vullissakke hierheen bring en dit uitsorteer en die parkie bemors.
Vele hande het ligte werk gemaak en uiteindelik is 34 vullissakke met die rommel volgemaak.Dit is met AfriForum se vullisverwyderings-voertuig uit die parkie verwyder.

Marisa Kruger, voorsitter van AfriForum Sakenetwerk Bloemfontein, sê dié tak met 24 lede is nou die grootste tak in Suid-Afrika.

“Ons onderneem elke maand ‘n projek en het besluit om met vandeesmaand se projek dié parkie op te ruim. Dit was die ideale geleentheid om met inwoners in die omgewing kennis te maak.

Lizaan en JC van Wyk van Kraal-familieslaghuis en deli het wors gebraai en vir almal wat die skoonmaaksessie by Heuwelsig bygewoon het, ‘n gratis worsbroodjie gegee. FOTO’s: Lientjie Mentz

“Hulle het AfriForum vir hul ondernemingsgees bedank.”

Die vrywilligers het elkeen ‘n worsbroodjie, voorsien deur JC en Lizaan van Wyk van Kraal-slaghuis, ontvang.

Veiligheidspersoneel van AfriForum 911, Fidelity ADT en Bloemsec het ‘n wakende ogie oor die vrywilligers in die parkie gehou.

Entrepreneurs wat deel wil word van die AfriForum Sakenetwerk kan Kruger by 071 826 0428 bel.

Veiligheidsondernemings wat ‘n ogie gehou het tydens die opruimingsprojek.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article