Vier onderwaterhokkiespelers van die Vrystaat is ingesluit in die proewe waaruit die Suid-Afrikaanse spanne gekies gaan word wat aan die wêreldkampioenskap gaan deelneem.
Xavier Branco (17) van Grey-kollege; Janelle Botha (17) en Kaleb Ras (16), wat albei tuisonderrig ontvang; en Taylor Coetzee (16) van die Eunice High School is deel van die oefengroep.

Vier spanne – o.19-seuns, o.19-meisies, o.24-mans en o.24-vroue – gaan uiteindelik saamgestel word om van 16 tot 25 Julie aan die sewende wêreldkampioenskapsbyeenkoms vir onderwaterhokkie in Turkye deel te neem.
Die vier spelers is van die Bloemfontein Sub Aqua-klub, wat deur Franco van der Merwe by die Hoërskool Sentraal afrigting ontvang.

Bloemfonteinse spelers oefen hard vir die nasionale junior kampioenskapsbyeenkoms wat van 26 tot 28 Maart in Somerset-Wes plaasvind. Die lede van die span wat aan die internasionale toernooi sal deelneem, sal daar aangekondig word.





You must be logged in to post a comment.