Die Love It Again-mark word op 27 en 28 Februarie by Summerwood Country Estate aangebied.

Summerwood Country Estate bied op 27 en 28 Februarie 2026 die Love It Again-mark aan – ‘n eerste vir Bloemfontein.

Alle stalletjies is binnehuis en toegang is gratis.

Bring dus die hele gesin, en familie ook, vir ‘n lekker kuier.

Die eienaar van Summerwood, Dorothy van der Merwe-Strydom, verduidelik die idee agter die “Love It Again Market” is juis dat die koop van gebruikte ware, oftewel “thrifting” deesdae so gewild is.

“Want thrifting is lekker en goedkoop.”

Dekades lank al is sulke markte in Europa uiters gesog.

Besoekers aan die Love It Again-mark kan rustig soek na iets besonders wat iemand anders nie meer wil hê nie. Talle kosbaarhede en geliefde uitrustings is al só gevind.

“Soveel mense het kaste vol klere wat hulle nooit dra nie, maar wat vir iemand anders iets kan beteken. Dit is voorwaar ‘n nuwe klerekas vir ‘n nuwe jaar, teen weggeepryse.”

Sy sê Summerwood self pak stoorkamers reg, wat baie winskopies gaan bied.

Ná die mark kan jy jou gaste onthaal en tafel dek met ‘n mooi glaspotjie of kandelaar wat jy op die mark gekoop het.

Summerwood Pop-Up Restaurant, wat Bloemfonteiners van die Vrystaat Kunstefees ken, gaan op die twee dae van die mark ‘n verskeidenheid liplekkergeregte bied.

‘n Hele reeks ander stalletjies is ook op die mark.

Die mark is die perfekte uitstappie vir die hele gesin om die Vrydag of Saterdag saam met vriende in ‘n heerlike atmosfeer saam te kuier, te koop en te ontspan.

Die “thrifting”-afdeling het onder meer klere, boeke, kinderspeelgoed, meubels en ou plate.

Op Vrydag 27 Februarie word Nationale Melktertdag op die Love It Again-mark gevier.

Meer nog, hulle doen dit sommer die hele naweek lank met heerlike koffie en melktert teen R55.

Pensioentrekkers kry ook die Vrydag gratis koffie, tee of sap as hulle op die mark kuier.

Jonk en oud is welkom.

Daar is nog stalletjies beskikbaar – nie net vir thrifting-ware nie, maar ook enige ander produk.

Dit bied die ideale geleentheid om nuwe en bestaande ondernemings te bemark – al word slegs ‘n diens verkoop.

Die mark word op Vrydag 27 Februarie van 13:00 tot 20:00 gehou, en die Saterdag van 08:00 tot 15:00, by Summerwood Country Estate – 4,5km uit op Bultfonteinpad (R700), met duidelike naamborde.

Rig navrae aan Madelein Landman by 079 276 3277.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article