Elke kind dra dieselfde droom in sy hart: Om eendag die beste te wees wat hy of sy kan wees – om te leer, te groei en iets betekenisvol van sy lewe te maak.

Die werklikheid is dat nie alle kinders vanaf dieselfde beginpunt wegtrek nie.

Chantell van Wijk, ‘n maatskaplike werker by Solidariteit Helpende Hand, sê kinders wat reeds ‘n paar treë agter begin, het nie mindestruikelblok iets wat vir ander vanselfsprekend is: vervoer skool toe, of die vermoë om koshuis-

geld te betaal. Wanneer daardie basiese dinge ontbreek, raak die pad na hul droom skielik baie langer en moeiliker.”

Dit is presies waar Solidariteit Helpende Hand se Bemagtig ‘n kind-projek ‘n verskil wil meebring. Die projek ondersteun kinders wat in moeilike omstandighede grootword sodat hulle steeds hul volle potensiaal kan bereik en hul skoolloopbaan kan voltooi.

Van Wijk sê die ondersteuning kan verskillende vorme aanneem: van vervoer na en van die skool, tot die betaling van koshuisgeld; van die moontlik maak van ekstraklas-bywoning tot terapeutiese bystand wanneer ‘n kind deur trauma gaan.

“Die doel is om vir ‘n kind ‘n regverdige kans te gee om te leer en om sy of haar volle potensiaal te bereik.”

In die Vrystaat ondersteun Solidariteit Helpende Hand 24 leerders elke maand met bus- of koshuisgeld – ongeveer R800 000 per jaar.

“Elke maand is daar ander ouers of versorgers wat net een ding vra: ‘Help asseblief dat my kind skool kan klaarmaak.’”

Aansoeke is selfs al van leerders self ontvang.

“Dit is nie maklike oproepe om te kry nie. Want soms moet ons sê: Ons wil help, maar ons geld is beperk.”

Mense wat die projek wil steun, kan Van Wijk by 076 984 9598 bel, of besoek Solidariteit Helpende Hand Vrystaat Streek se Facebook-blad.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article