Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee het Donderdag 20 November die spanlede wat ingesluit is in die Suid-Afrikaanse Span vir die Afrika Jeugspele in Luanda, Angola aangekondig.
Anri Rautenbach, ‘n hoogspringatleet van die Hoërskool Jim Fouché, is een van die spanlede.

Die byeenkoms vind van 10 tot 20 Desember plaas. Benewens atletiek, bestaan die Suid-Afrikaanse span ook uit deelnemers aan pluimbal, strand-handbal, strand-vlugbal, fietsry, judo, karate, swem, tafeltennis, taekwando, tennis en gewigoptel.





You must be logged in to post a comment.