‘n Eenmanvertoning Terug na Louis Trichardt is propvol kleindorpie-chaos, liefdesverhale en humor.

Die vertoning, geskryf en opgevoer deur Jean-Pierre Paquot, ook sommer net bekend as Paquot. Hy is ‘n akteur, regisseur en lektor by die Universiteit van die Vrystaat se drama departement.

Jean-Pierre Paquot
Jean-Pierre Paquot is te sien in Terug na Louis Trichardt. FOTO: Verskaf

Sy vorige produksies sluit die eenman-vertoning House of Cards by die Nasionale Kunstefees in sowel as die hoofrol in OMHOOG, wat aangewys is as die beste produksie op die Vrystaatse Kunstefees se Fringe.

Terug na Louis Trichardt is Saterdag 7 Maart om 19:00 te sien by Oe Dis Mooi in Chris Barnardstraat 6, Langenhovenpark. Dit is ‘n huisvertoning.

Die storie volg ‘n man op ‘n busrit terug na sy tuisdorp en terug na sy flamboyante gay skoolvriend wat op ‘n tyd sy hele wêreld omgekeer het. Hy vertel van sy ongemaklike skoolherinneringe vol tipiese kleindorpie-chaos, verwarde liefdesstories en die ontdekking van wie hy regtig is. Die resultaat is ‘n snaakse, eerlike en hartroerende blik op ‘n jong man se grootwordjare as gay man.

Die regisseur is Ilne Fourie, ‘n Suid-Afrikaanse regisseur met ‘n rits eerbewyse vir haar werk.

Terug na Louis Trichardt is prettig, nostalgies en vier die mense wat ons help word wie ons is, al probeer ons soms so hard om dit te vermy.

Kaartjies kos R120 en is beskikbaar op Quicket.

Iets vir die kinders: Georgie se radio.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article