Jonathan Duarte van die Hoërskool Fichardpark se eerste span met die bal teen die span van Bethlehem Voortrekker Hoërskool. Foto: JJ Photo’s

Die laaste wedstryde vir die 2025-seisoen van die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks het op 1 en 2 Augustus op ‘n hoogtepunt geëindig.

Die Hoërskool Fichardtpark (Fichies) het gasheer gespeel vir die sportlui van die Hoërskool Voortrekker (Trekkers) van Bethlehem. Fichies se eerste rugbyspan het die beste vir laaste gehou. Met die gevaarlike skrumskakel J.M. Rensburg aan die stuur, het Fichies die Trekkers met 26 – 19 geklop.

In hokkie het Fichies se seunshokkiespan met 3 – 0 geseëvier, terwyl Trekkers se meisieshokkiespan met 2 – 0 gewen het.

Op die netbalbaan het Fichies met al die junior spanne oorheers. Trekkers se eerste netbalspan was egter te sterk vir Fichies en het met 51 – 20 geseëvier.

Minke Labuschagne (met die bal) is aangewys as die eerstespan se speler van die wedstryd. Sy het haarself uitstekend van haar taak onder die doelpaal gekwyt. Minke speel vir JF se eerste netbal- en hokkiespan.

Uit Welkom het die Goudveld-Hoërskool se spanne hul laaste wedstryde by die Hoërskool Jim Fouché (JF) gespeel.

JF se eerste netbalspan het 50 – 40 gewen en ook 12 ander wedstryde gewen, met Goudveld wat twee gewen het. Minke Labuschagne was die speler van die wedstryd in die eerstespan-kragmeting.

In seunshokkie het JF se spanne drie wedstryde gewen en een gelykop gespeel. Gurshwin Matebesi was die speler van die wedstryd toe die eerste span met ‘n telling van 3-0 gewen het.

JF se meisieshokkiespanne het vyf van hul wedstryde gewen en die eerste span het teen Goudveld 2 – 1 verloor.

Die eerste rugbyspen het Goudveld 44 – 38 geklop.

Franco Oberholzer, JF se agsteman, word in die lynstaan gelig.

Aan die ander kant van die stad het die Hoërskool Sentraal gasheer gespeel vir die Hoërskool Witteberg van Bethlehem. Sentraal se netbalspanne het die meeste van die wedstryde gewen met die eerste span wat 40 – 20 tops was.

Hoewel Sentraal se eerste rugbyspan swaargetrek het, het dit goed gegaan met die ander wedstryde. Die o.16 A- en B-spanne het met goeie punte gewen. Sentraal se hokkiemeisies het vyf van hul sewe wedstryde gewen. Die seuns het vier van hul vyf wedstryde gewen, met die eerste span wat hul wedstryd 2 – 1 gewen het. Arné Maritz van Witteberg was die beste speler in die mei-

sieshokkie en die kaptein van Sentraal Miggie Liebenberg is aangewys as die seunshokkie se beste speler van die dag.

Jonathan Duarte van die Hoërskool Fichardpark se eerste span met die bal teen die span van Bethlehem Voortrekker Hoërskool. Foto: JJ Photo’s
dummy text

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article