Die eerste inter-kleuterdag is op Saterdag 9 Augustus by die Laerskool Universitas (Tjokkies) aangebied. Vir kleuters was dit ‘n dag vol pret en plesier.
Daar het 300 kleuters van kleuterskole oor die stad heen aan die vriendskaplike Baby Tjoklits-sport-en-pretdag wat deur Tjokkies Preprimêr aangebied is, deelgeneem.
Suzane Wille, skakelbeampte van Tjokkies, sê die idee was om ‘n lekker geleentheid vir kleuters van 3 tot 6 jaar aan te bied.

Die kleingoed is getrakteer met ‘n verskei-
denheid nommers insluitend “hekkies spring”, “gewig-optel” en “baba-waentjie stoot”.
Tjokkies beoog om die dag ‘n jaarlikse instelling te maak.





You must be logged in to post a comment.