Lede van Aurora se beheerliggaam is van links Johnny Jansen, Paulina van Zyl, ds. Jannie Smith (voorsitter), Mariaan Maartens (gasspreker), Marietjie Landsberg (direkteur by Aurora) en Chris Hendriks. Foto: Lientjie Mentz

Aurora vier in 2026 sy 60ste bestaansjaar, en sy naam en logo is na “Aurora Addiction Recovery Centre” aangepas om op hoop en herstel te fokus.

Marietjie Landsberg, direkteur, het op die jaarvergadering op 18 Junie gesê ‘n groeiende behoefte bestaan vir behandeling van middelmisbruik, asook voorkoming. Verslawing kring wyd uit: Navorsing dui aan dat vir elkeen wat middels misbruik, 64 ander mense benadeel word. Die meerderheid wat behandel word, is mans, hoewel vroue makliker verslaaf raak.

Alkohol is steeds die middel wat mees algemeen daartoe lei dat behandeling nodig is, en ‘n groot toename bestaan in pasiënte wat aan meer as een middel verslaaf is.

Mense word gereeld vir verslawing aan dwelms en medisyne behandel. Een is in die afgelope jaar vir dobbelverslawing behandel.

Besoek Aurora op Facebook vir inligting oor sy programme.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article