‘n Bloemfonteiner is op die afgelope Info Sjef-konferensie wat deur die Suid-Afrikaanse Sjefvereniging by die Hotelskool van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) aangebied is, vereer.
Marie en Gerhard Lombard van De Oude Kraal Country Estate en Spa is vereer vir die waardevolle bydra wat hulle gemaak het tot die vorming van die Vrystaatse en Suid-Afrikaanse kookkuns.
Die eerbewys is Donderdag 10 April op ‘n bankketete in die Hotelskool deur die voorsitter van die Vrystaattak van die vereniging, sjef Deon Pastor, aan die egpaar oorhandig.

en Spa het ‘n eerbewys van die Suid-Afrikaanse
Sjefvereniging gewen vir haar bydrae tot die vorming van die
Vrystaat en die groter Suid-Afrika se kulinêre landskap.
Info Sjef wat op Donderdag en Vrydag aangebied is en waaraan sjefs en studente in die gasvryheidsbedryf deelgeneem het, was vanjaar selfs nog groter as vorige jare.
Vir die eerste keer was daar ‘n interaktiewe kompetisie waaraan studente deelgeneem het en kookdemonstrasies wat deur ervare sjefs in die bedryf gelewer is.
Die tweedag-konferensie is begin met ‘n ontbyt waarop ‘n netwerk-geleentheid geskep is.
Die aand kon sjefs en gaste aansit vir ‘n bankettete met ‘n driegang-maaltyd en wynproe wat deur studente van die verskillende sjefskole wat die Olive Sjefskool, die SUT se Hotelskool, die Food and Beverage Institute (FBI) en die Goudveld TVET kollege voorberei is.

Vrydag het die studente van die sjefskole in groepsverband teen mekaar meegeding in ‘n interaktiewe kompetisie.
Pastor sê geleenthede soos Info Sjef is belangrik om leerlinge en studente aan geleenthede in die bedryf bloot te stel.
“Dit is vir ons ‘n geleentheid om kameradie in die bedryf te bevorder en ook kontak te maak met verskaffers.”
Talle uitstallers het Vrydag hul produkte op die geleentheid bekend gestel.
Pastor sê hy hoop dat daar volgende jaar meer leerlinge wat verbruikerstudie neem, ‘n besoek by Info Sjef sal aflê om meer oor die bedryf te wete te kom.
Twee van die FBI-studente wat Vrydag aan die kompetisie deelgeneem het, Shereé Yssel en Boikanyo Motswiri, het dit ook geniet.
Dié twee gaan binnekort hul prakties by die Ritz-Carlton Hotel in Florida, Amerika, doen.
Nog ‘n student van die FBI, Maggie Rudolp, sê sy het die interaksie met ander sjefstudente baie geniet.
“Dit het nie gepla dat die gehoor vir my kyk nie. Toe ons eers begin kook, het ek net gefokus op die maak van ons gereg.”

Marie vertel dat dit baie spesiaal was om dié eerbewys te ontvang.
“Ons was destyds in 1991 toe Jürgen Demke die Hotelskool begin het, nou by die skool betrokke,” vertel sy.
“Hy was baie ervare in Europese kookkuns, maar wou by ons meer leer oor Suid-Afrikaanse kookkuns. Dié toekenning laat dit voel asof ons weer by die beginpunt uitgekom het,” sê die meestersjef van De Oude Kraal.







You must be logged in to post a comment.