Vryheidsdag op Sondag 27 April gaan vanjaar op ‘n spesiale geleentheid herdenk word met ‘n vertoning wat met musiek en voorlesings ‘n blik werp op die swaar las wat krysgevangenes en gevangenes in konsentrasiekampe in twee oorloë verduur het.
Diandra Steenekamp vertel dié geleentheid by die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke en die Nasionale Vrouemonument word aangebied te danke aan die perfekte groep mense wat saamwerk om ‘n spesiale program moontlik te maak.

Op verskillende wyses word die hartseer en trauma van krygsgevangenes en gevangenes in konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boereoorlog, asook gevangenes in die Tweede Wêreldoorlog in een program saamgevoeg.
Die program word in Engels en Afrikaans aangebied, met die hoof- historiese fokus op die konsentrasie-kampe van die
Anglo-Boereoorlog en die Tweede Wêreldoorlog.
Gedurende die program sal dr. Peter Taljaard voorlesings doen en dr. Sharon de Kock spesifieke musiekstukke uitvoer wat nou verband hou met die onderwerp. Saam sal hulle ‘n prentjie skets van verlies en hartseer, maar ook van oorlewing en hoop.
Kaartjies vir The Cost of Freedom, wat om 16:00 begin, kos R80 en is beskikbaar op quicket.co.za.





