Stormweer word voorspel vir Vrydag 6 Maart
Hewige storms word voorspel vir Vrydag 6 Maart.

Ná aanhoudende reën gisteraand, het die Suid-Afrikaanse Weerdiens ‘n vlak 5 waarskuwing uitgestuur van erge donderstorms vir sentraal Suid-Afrika vir Vrydag 6 Maart.

Die weerdiens se waarskuwings is vir erge donderstorms wat sal voortduur, gepaardgaande met hewige buie, sterk wind en hael oor dele van Noordwes en die sentrale en oostelike dele van die Vrystaat vandag.

Stormweer word voorspel vir Vrydag 6 Maart.
Stormwaarskuwings vir Vrydag 6 Maart.
  • Dit kan lei tot vloede van sommige paaie en laagliggende areas;
  • Skade of verlies van infrastruktuur, nedersettings en lewende hawe;
  • Ontwrigting van munisipale en ander infrastuktuur; en

Voorsorgmaatreëls wat inwoners kan neemis:

  • Ry versigting en verminder spoed;
  • Parkeer motors onderdak om moonlike hael- en stormskade te vermy;
  • Moenie onder bome of hoë strukture skuil tydens ‘n donderstorm nie;
  • Voetgangers moet ekstra versigtig wees wanneer hulle paaie in hewige reënweer kruis.

In ‘n noodgeval, kan die Mangaung-brandweer geskakel word by 051 406 6666.

Kragonderbrekings kan aangemeld word by Centlec 051 409 2345 of stuur ‘n WhatsApp na 068 178 0700.

Skakel 10177 vir ‘n ambulans.

Bloemfontein (Westdene) het in Januarie 81 mm reën gehad en in Februaire 131 mm. Dit is heelwat meer as die reënvalsyfer in 2025 waar daar in Januarie 40 mm geval het en in Februarie 97 mm. Die reënval vir Maart 2025 was 101 mm.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article