Kom kuier op Valentynsdag op die Franse Aandmark by Villa Avianto. FOTO: Verskaf

Het jy al planne gemaak vir die perfekte Valentynsdag?

Sluit die dag van liefde af met ‘n kuiertjie by die Franse Aandmark waar romanse jou gaan omring.

Die aandmark by Villa Avianto in Speserylaan, Quaggafontein, bied aan markgangers goeie gehalte-uitstallings in ‘n wye verskeidenheid produkte van fyn juweliersware en leerprodukte tot unieke klere en die heerlikste kos.

Ian Rautenbach en Jani Niehaus tree op met ligte, romantiese musiek.

Suretha van Heerden van Villa Avianto, sê dit gaan ‘n onvergeetlike aand wees met hope atmosfeer, interessante stalletjies en heerlike kos waaraan besoekers kan smul.

Daar sal selfs geleentheid wees vir paartjies om in die tentsaal te dans.

Beplan jou Valentynsdag Saterdag 14 Februarie dus so dat jy die aand kom kuier by die mark. Nooi daardie spesiale mens in jou lewe of nooi al jou vriende en vier die liefde op die Franse Aandmark.

Die mark open om 17:00 en duur tot 22:00.

Toegang tot die mark is R50 en is by die hek beskikbaar. Besprekings kan ook vooraf gedoen word op die webwerf villa-avianto.co.za. Besoek die webwerf vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article