Aiden Dednam op die pluimbalbaan.
Aiden Dednam is ‘n belowende jong pluimbalspeler. FOTO: Verskaf

Die jong Bloemfonteinse speler wat saam met die top senior pluimbalspelers by die Nasionale Pluimbalsentrum oefen, het gewys dat hy baie vining vorder.

Senior Suid-Afrikaanse keurders meen dat Aiden Dednam (14) binnekort in die senior liga kan speel.
Aiden het by die eerste junior Ope van die jaar in Alberton van 23 tot 25 Januarie die junior titel verbasend gerieflik gewen.

Hy het die eerste gekeurde Ricardo Vigario van Gauteng in twee stelle geklop in die semi-finaal.
Wat die oorwinning merkwaardig maak, is dat Vigario onlangs ingesluit is in die Suid-Afrikaanse senior span wat in Februarie in Botswana die Afrika-kampioenskappe gaan speel.

Vigario het in Desember en Januarie in Maleisië geoefen voor die toernooi.

Aiden het die finaal gemaklik gewen teen nog ‘n Gautenger, Jorden van Tonder, met 21/13, 21/13.

Lees ook: https://novanews.co.za/bloemnuus/vrystaatse-pluimbalspelers/

Aiden se korttermyndoelwit vir 2026 is om ingesluit te word in die Suid-Afrikaanse junior span wat aan die Afrika- junior kampioenskappe in Augustus in Egipte gehou word.
Tot dan is Aiden en sy span se fokus eintlik op groei en hierdie goeie resultate is ‘n bonus.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article