Swemmers neem deel aan die eerste Gariep Ope die naweek van 17 en 18 Januarie.

Perfekte swemweer het die eerste Kovsie Aquatics se Gariep Ope in die Gariepdam op 17 en 18 Januarie begroet.

Die Gariep Ope is oor twee dae aangebied met swemafstande oor 3km, 1km en ‘n 500m-pretswem wat die Saterdag aangebied is, en die 5km-swemnommers wat die Sondag plaasgevind het.
Die geleentheid is vanjaar vir die eerste keer by die Forever Resort aangebied en was so ‘n sukses, dat dit weer vir volgende jaar so beplan word.
Die Gariep Ope was goeie voorbereiding vir swemmers wat op 7 en 8 Februarie die Midmarmyl in KwaZulu-Natal gaan swem.

Die Gariep Ope is op 17 en 18 Januarie die eerste keer in die Gariepdam by die


Christopher Steven, een van die organiseerders van die swem, sê daar was vanjaar 270 inskrywings. “Ons sien daarna uit dat die geleentheid sal groei en die beplanning is reeds onderweg vir volgende jaar se Gariep Ope op 16 en 17 Januarie, weer by die oord.”

Die wenners in die verskillende afdelings was:
Eerste nommer: 3km swem:
Mans 14 jaar en ouer: Diaan van der Walt (00:44:52);
Vroue 14 jaar en ouer: Katie de Jager (00:44:58);
Meisies 13 jaar en jonger: Aruana van der Westhuizen (01:03:42).
Tweede nommer: swempakswem
Mans 14 jaar en ouer: Gareth Ranft (00:59:22);
Derde nommer seuns 13 jaar en jonger en mans 31 jaar en ouer oor 1km:
O.13 – D. Perry (00:16:25);
31 tot 40 jaar: Carl-Gustav de Vries (00:21:46);
41 tot 50 jaar: Francois Deacon (00:17:43);
51 tot 60 jaar: Nicolas Theron (00:17:48);
60 jaar en ouer: Danie Schoeman (00:21:37).

Swemmers maak reg om weg te spring tydens die eerste Gariep Ope in die Gariepdam. FOTO: Verskaf


Vierde nommer meisies 13 jaar en jonger en vroue 31 jaar en ouer oor 1km:
o.13: Carinke Wessels (00:16:39);
31 tot 40 jaar: Wilma Terreblanche (00:19:01);
41 tot 50 jaar: Sane du Preez (00:26:59);
51 tot 60 jaar: Debra Theron (00:20:36);
61 jaar en ouer: Lynette Fischer (00:22:52).
Vyfde nommer mans 14 tot 30 jaar oor 1km:
14 tot 20 jaar: JC Coetzer (00:13:54);
21 tot 30 jaar: Len-Douglas Mac Kay (00:14:21);
Sesde nommer: Vroue 14 tot 30 jaar ook 1km:
14 tot 20 jaar: Katie de Jager (00:15:27);
21 tot 30 jaar: Leah Jonas (00:20:40).
Die agtste nommer: 5km-swem:
seuns 12 tot 14: Andre Froneman (01:21:53);
mans 15 jaar en ouer: Harald Zumpt (01:24:55).
Vroue 5km-swem:
meisies 12 tot 14: Carinke Wessels (01:32:44);
vroue 15 jaar en ouer: Nicole Fischer (01:44:01).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article