“Met elke bladsy van hierdie boek, lê daar stukke van my hart – gebroke, geheg, en weer heelgemaak.”
Só begin Carmen Bester (31) se boek Winter wat deur Spearpoint Publishing uitgegee is.
Spearpoint help skrywers om boeke te ontwikkel, ontwerp, druk en versprei, met ‘n fokus op geloofsverhale.

Carmen, ‘n Bloemfonteiner, se boek het begin toe sy met ‘n joernaal begin het ná die aanmoediging van ‘n sielkundige.
In hierdie joernaal van haar het sy oomblikke van haar lewe vasgevang en gedigte geskryf.
Die titel van die boek Winter, kom van haar pa wat haar sy “Vier seisoene kind” genoem het.
Daar het baie gebeur in hierdie jong vrou se lewe – sy het verwerping ondervind, die dood, wat alles wegvat en die seer wat nooit weggaan nie.
Langs die pad het sy hoop gekry, liefde gevind en dit amper weer verloor.
Sy skryf uit haar ervangrings hoe God haar deur moeilike tye gedra het.
Dit is haar waarheid wat sy neergepen het om ook vir ander wie se lewe onverwagte en slegte draaie maak, insig te gee oor dit wat haar staande hou en laat voortbeur na ‘n beter toekoms.
Een lesers staan die kans om Carmen Bester se boek te wen. Besoek Bloemnuus se Facebook-blad om in te skryf.






You must be logged in to post a comment.