Die Fichardtpark Woonbuurt Assosiasie (FWA) in Bloemfontein het Saterdag 20 Desember ’n demonstrasie op Cornforthpark in dié woonbuurt gereël om die nuutste parketoerusting te demonstreer.
Die FWA, die grootste woonbuurtvereniging in Suid-Afrika met 1 400 lede, versorg 31 parke en 90 verkeerseilande in Fichardtpark en Hospitaalpark.
Die nuwe toevoegings sluit onder meer ’n Greenworks Optimus 84V nul-draai, battery-aangedrewe grassnyer in.

Jacques Meiring, algemene betuurder van die FWA sê hierdie belegging is gemaak om die parkespan se vermoë te verbeter. “Dit sluit aan by FWA se doelwitte om die omgewing beter te versorg, te beskerm en volhoubaar te bestuur.
“Die nuwe toerusting gaan ons meer kapasiteit gee en dit gaan kostebesparing meebring. Almal gaan baat vind by die nuwe toerusting.”
Die toerusting is aangekoop by ‘n plaaslike maatskappy, Outdoor Power Bloemfontein, en sluit ‘n diensplanooreenkoms in.







You must be logged in to post a comment.