Die manne van Raubex wat gehelp het om Pellissier se strate weer rybaar te maak.

Teen einde Desember sal die woonbuurtvereniging Trots Pellissier reeds duisende rande bestee het aan die opvul van slaggate in strate in dié woonbuurt.

Danksy die skenkings van inwoners van Pellissier, is R68 000 ingesamel en gebruik om teer te koop.

Die ingenieursfirma Raubex het personeel beskikbaar gestel asook toerusting waarmee slaggate gevul kon word.

Die manne van Raubex wat gehelp het om gate te vul is van links Vincent Matsepe, James Mabaso en Galeshewe Kgabale. By hulle heel regs is Willie Sapsford van Trots Pellissier. FOTO’S: Lientjie Mentz

Ansie Coetzee van Trots Pellissier sê hulle is dankbaar vir almal se bydra om te help om die woonbuurt se strate in stand te hou en verdere agteruitgang te verhoed.

“Die ondersteuning van inwoners help dat ons die woonbuurt netjies kan hou.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article