Kort ná Kaylah Meyer se deelname aan die wêreld-ouderdomsgroep-trampolienkampioenskap in Pamplona, Spanje, is sy in Desember weer op pad om Suid-Afrika te verteenwoordig. Die kompetisie in Spanje is van 13 tot 16 November aangebied en meer as 400 gimnaste van 40 lande het deelgeneem.
Kayla, ‘n leerder van die Laerskool Universitas wat lid is van die Central Finity-gimnastiekklub, was die enigste Suid-Afrikaner uit die Vrystaat wat aan die internasionale kompetisie deelgeneem het. Sy het ook die hoogste plek en punt van al die Suid-Afrikaanse gimnaste in die dubbel-mini behaal.

Sy het deelneem in die ouderdomsgroep 13 tot 14 jaar waar sy 14de uit 42 deelnemers gekom het. Sy berei nou voor vir die Streek 5-kompetisie waar sy van 9 tot 11 Desember in Namibië aan die junior tuimel en Euro-trampolien-afdelings gaan deelneem.
Nog ‘n gimnas van dié klub wat uitblink, is Henro Loubser (14) van die Hoërskool Jim Fouche wat goue medaljes op die vloer en brons vir sy spring-nommer op die Suid-Afrikaanse kampioenskapsbyeenkoms op 4 Oktober in Centrurion verwerf het. Hy het ‘n algehele silwermedalje in sy groep ouderdom 14 tot 18 jaar verower.
Op dié byeenkoms het Franco van Pletzen, ‘n gr.1-leerder van die Laerskool Willem Postma, ‘n algehele tweede plek in die rekstok behaal.






You must be logged in to post a comment.