Die jongspan kan uitsien na ‘n splinternuwe weergawe van die verhoogstuk van Martin Schwella se storie Die ware wenner, hierdie Desember.
Die ware wenner, Schwella se eerste storieboek, was die begin van groot avonture vir kinders. Schink Stories het gevolg op dié boek, waar Schwella unieke Afrikaanse oudiostories vir kinders 10 jaar en jonger voorlees.
“Dit was vir my belangrik om positiewe stories, met goeie waardes en lewenslesse, te vertel,” verduidelik dié pa van vier kinders.

“Storietyd is kosbare tyd wat kinders saam met hul ouers kan deurbring. Meer as dit: Luisterstories bied voordele in die sin dat dit kinders se verbeelding ontwikkel en hulle help om beter te konsentreer.”
Schwella sê dit is vir hom belangrik dat ouers moet weet dat die platform veilig is en dat daar geen donker temas in die stories is nie.

Hoewel Die ware wenner in 2019 op die verhoog was, het Schwella besluit om ‘n nuwe weergawe van dié storie met Skillie en Haas aan te bied. CW Laten het dit vir die verhoog verwerk.
Die groot wedloop begin op Saterdag 6 Desember in die Doxa Deo-saal, Bloemfontein-suid. Die twee vertonings is om 09:00 en om 11:00. Kaartjies kos R50 op webtickets.co.za. Vind Schink-stories op schink.co.za.
Twee lesers staan die kans om twee kaartjies elk vir die verhoogstuk Die ware wenner op Saterdag 6 December om 11:00. Om in te skryf like en share die inskrywing op Facebook.






You must be logged in to post a comment.