‘n Atleet van die Hoërskool Jim Fouché maak reg om binnekort aan die Afrika-jeugspele, van 10 tot 20 Desember in Luanda, Angola, te gaan deelneem.
Anri Rautenbach (16) het op Wildeklawer se Grey-Oranje-byeenkoms, op 18 Oktober, haar naam ‘n tweede jaar agtereenvolgens in die rekordboeke geskryf. Verlede jaar het sy die byeenkomsrekord vir meisies o.15 in hoogspring verbeter, na 1,68m; vanjaar het sy die rekord van 2009 in die o.16-afdeling verpletter met ‘n persoonlike beste wenhoogte van 1,71m.
Op die G4GA-junior, -jeug en -senior-springkampioenskapsbyeenkoms wat op Saterdag 25 Oktober gehou is, het sy ‘n eerste plek vir meisies o.17 behaal, met ‘n hoogte van 1,72m.







You must be logged in to post a comment.