Carols with the Stars met Refentse as gaskunstenaar word vanjaar op 14 November op die Laerskool Willem Postma se rugbyveld gehou.
Soos in die verlede word die aand van saamsing en lekker musiek deur Pick n Pay Preller Walk aangebied.
Die aand van 14 November, ná die konsert, sal ‘n trekking ook gedoen word waarin een klant van Pick n Pay Preller Walk ‘n splinternuwe Toyota Vitz 1.0 MT gaan wen.

Al wat klante moet doen om die kans te staan om hierdie motor te wen, is om teen Donderdag 13 November R300 of meer by Pick n Pay Preller Walk te spandeer. Hulle skryf dan hul naam en van, asook hul kontaknommer, agterop die strokie en plaas dit in die spesiaal gemerkte houers voor die winkel.
Vyf finaliste se name sal op die aand van Carols with the Stars getrek word, en een sal met die sleutels wat hy of sy as finalis ontvang, die motor kan oopsluit en aanskakel.
Deelnemende klante moet die geleentheid bywoon om vir die trekking te kwalifiseer.

BloemNuus en Rosestad FM vat hande as mediaborge vir Carols with the Stars.
Gaste kan kampstoele en komberse, asook piekniekmandjies, saambring, maar daar sal ook ‘n verskeidenheid kosstalletjies wees waar gaste van die middag af kos en drinkgoed kan koop.
Duncan Pentz, mede-eienaar van Pick n Pay Preller Walk, sê toe hy en sy vennoot Dennis Folkey die winkel begin het, het hulle besluit om iets vir die Here te doen.
“Dit is waarom ons die afgelope paar jaar hierdie geleentheid met die samewerking van Willem Postma aanbied,” sê hy.
Toegang kos, anders as vorige jare, R10 per persoon. Die geld wat by die ingange ingesamel word, gaan aan liefdadigheid. ‘n Mark sal die middag aangebied word, met die amptelike program wat om 19:00 begin.
Hou BloemNuus dop vir meer besonderhede oor vanjaar se Carols with the Stars.






You must be logged in to post a comment.